Bewaring

Ons tak het begin as ‘n groep jagters, herlaaiers en sport skuts wat georganiseerd wou begin deelneem, deur die tyd het ons ontwikkel tot SA Jagters Majuba Tak.

Gedurende die konstruksie van Majuba kragstasie het die lede betrokke geraak met die bewaring van die spesie aangesien groot getalle hervestig moes word na ‘n veilige habitat. Tot op hede is Majuba tak betrokke met die spesie se bewaring, vestiging van bewaar areas en om inligting oor die spesie te versprei. Ons is ook bevoorreg dat die spesie in ons area goed versprei is en baie goeie gevestigde bevolkings kom op privaat plase voor.

Identifikasie

Die Ouvolk is uniek omdat dit een van die min terretoriale Cordylis spesies is. Die spesie kom voor in die Suid-Oos Transvaal, Noord Oostelike Vrystaat en ‘n klein aangrensende deel van Natal.

Algemene name:
English: Sungazer, Giant Girdled Lizard, Lord Derby's Lizard.
Afrikaans: Ouvolk, Reuse Gordelakkedis, Sonkyker, Skurwejantjie.
Zulu: Mbedhla.

Dit is die grootste van die cordylis spesies (maximum lengte van 40 cm.), hulle is bedek met stekerige skubbe wat skerp puntjies het veral aan die rug en stert se bokant. Die dorsale deel van die kop, lyf en stert is gewoonlik ‘n vuil bruin kleur. Die skubbe op die nek en en lyf is geelbruin. Die jonger reptiele is meer kleurvol met geel oranje kleur op die bene, rug en stert.

Verspreiding en gedrag

Die Ouvolk is endemies op die savanna grasveld van Noord –Oos Vryustaat en die aangrensende Suid Oos Transvaal.

Die areas is grasveld met doleritiese gesteentes. Die Ouvolk grawe gate tot 2.5 meter lank ongeveer tot ‘n diepte van 45cm wanneer die grond nat is, belangrik is dat dit nooit in vleiland gebeur nie. Ouvolk gaan kop eerste in die gate in en stap agteruit om uit te kom, hulle maak op hulle stert staat om predatore af te weer. Dit skep ook die gevaar dat die diertjies hulleself nie kan uitgrawe as die gate toeval nie.

As verdedigsmeganisme druk hulle die skubbe met skerp punte in die gate se dak as hulle aan die stert gegryp word en dis onmoontlik om hulle so te verwyder. Ouvolks is gewoonlik aktief in die oggende na sonsopkoms waar hulle dan vir die oggend in die son le en bak, gewoonlik met die voorste deel van die lyf gelig en op die uitkyk vir prooi en predatore.

Dit is skugter diertjies maar word gou gewoond aan menslike aktiwiteite, hulle raak veral gewoond aan voertuie en kan so goed waargeneem word.

Voedsel

Besies en miere is die belangrikste prooi maar Ouvolk is oppurtunistiese predatore wat ‘n verskeidendeheid insekte sal eet, daar word ook plant materiaal in die maaginhoud gekry maar die inname kan per ongeluk wees soos die prooi gevang word.

As gevolk van hulle groote eet hulle baie insekte, hoofsaaklik sprinkane, bessies en termiete. Hulle leef maklik tot oor die 10 jaar en gee geboorte aan 1-3 kleintjies elke tweede jaar. Predasie op Ouvolk is drasties wanneer hulle jonk is veral deur roofvoels en muishonde.

Die feit dat die spesie verbind is tot ‘n spesifieke veldtipe en grontipe maak hulle kwesbaar en habitat verandering vernietig kolonies van Ouvolk of breek bevolkings op tot op ‘n punt waar langtermyn oorlewing nie moontlik is nie.

Landbou en Indusrie

As gevolg van die terrein waar die spesie voorkom is dit ‘n voorkeur gebied vir die verbouing van sonneblom en mielies. Die gevaar is enige ploegwerk is fataal vir Ouvolk of dit lande of voorbrande is- die diertjies word toegegooi en het nie die vermoe om hulleself uit te grawe nie. Bees en skaapboerdery het geen negatiewe gevolge nie.

Dieselfde areas het van die beste steenkoolreserwes wat dit die voorkeurgebied maak vir steenkoolmyne en kragstasies. Habitat word dan vernietig deur die nodige infrastruktuur wat opgerig moet word bv paaie, behuising, pyplyne en die invloed van mense op die omgewing.


Bewaring

Daar was geen suksesvolle aanteel van Ouvolk in gevangenisskap nie! Die diertjies oorleef wel vir ‘n tyd maar daar is geen aanteel nie. Die enigste manier om hulle te bewaar is om hulle habitat te bewaar.

 

 

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Skietdae vind gewoonlik elke derde Saterdag van die maand op die skietbaan by die Eskom Kragstasie plaas. Met groot uitsonderings Read More
  • Ledevergaderings

    Op hierdie stadium word geen lede-aande aangebied nie, maar alle lede is welkom om die bestuursvergaderings by te woon wat Read More
  • Opleiding

    Alle opleiding in die tak word deur die Opleidingsbeamptes aangebied, en datums en tye word persoonlik met die betrokke beamptes Read More
  • Bewaring

    Ons tak het begin as ‘n groep jagters, herlaaiers en sport skuts wat georganiseerd wou begin deelneem, deur die tyd Read More
  • 1

We have 11 guests and no members online