Tak Skietaktiwiteite
Skietdae vind gewoonlik elke derde Saterdag van die maand op die skietbaan by die Eskom Kragstasie plaas.
Met groot uitsonderings kan die datum verander, maar dan sal lede in kennis gestel word.
Die tabel wat die maand aangebied word, word op daardie maand se bestuursvergadering bevestig.
Tipiese dae wat aangebied word is, jagwapentabelle van die SAJWV, pistoolskiete, haelgeweertabel, silhoeëttabel. Die registrasie begin vanaf 8H00 en die skiet neem om 9H30 in aanvang.
Inskrywingsgeld beloop R80 vir volwassenes en R60 vir skoliere.
Navrae kan gerig word aan die voorsitter of die sekretaris van die tak.
Aanwysings na Majuba Kragstasie skietbaan.